fbpx

Afrikaans is lekker!

E-library is opgewonde dat LAPA uitgewers se boeke nou ook beskikbaar is in die biblioteek.

LAPA staan vir Lees Afrikaans, Praat Afrikaans en is een van die grootste uitgewers van Afrikaanse boeke in Suid Afrika. LAPA se doelwit is bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak. Hulle glo dat dit belangrik is dat kinders boeke in hulle moedertaal lees en daarom bied hulle ‘n keur van eietydse en opwindende kinder- en jeugverhale.

Kom geniet opwindende reekse soos Jaco Jacobs se Professor Fungus en Zackie Mostert reeks, Glam-divas reeks van Sulet Scheeres en Stalmaats reeks van Lize Roux om maar net ‘n paar op te noem! Met honderde addisionele Afrikaanse boeke tot E-Library se beskikking is ons opgewonde om die Afrikaanse versameling van boeke in ons biblioteek uit te brei. Kyk gerus elke maand uit vir die nuwe Afrikaanse boeke wat ons byvoeg.